Surrogaatmoederskap

Voorgenome ouers by die bevalling van hulle kind by ’n surrogaatma.

Surrogaatmoederskap is ’n reëling, wat dikwels deur ’n regsooreenkoms ondersteun word, waarvolgens ’n vrou (die surrogaatma) instem om die lewe aan ’n kind te skenk vir ’n ander mens of mense, wat dan ná die geboorte die kind se ouer(s) sal word.

Mense sal van ’n surrogaatma gebruik maak as swangerskap medies onmoontlik is, dit te gevaarlik vir ’n ma is om ’n kind te hê of ’n man of ’n manlike paartjie ’n kind wil hê.

Met surrogaatmoederskap kan geldelike vergoeding betrokke wees of nie. Die wette oor en koste aan surrogaatmoederskap wissel baie van regsgebied tot regsgebied en skep soms probleme met reëlings tussen mense van verskillende lande of deelstate. Paartjies wat ’n surrogaatma wil gebruik waar dit onwettig is, reis soms na ’n gebied waar dit wel wettig is. In sommige lande word surrogaatmoederskap net toegelaat as geen geld van hande verwissel nie. Dit moet dus onbaatsugtig wees en nie vir kommersiële doeleindes nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search